George, Wes Kaap – Deurstettingsvermoë, determineerdheid, adrenalien, en sweet……..hierdie kenmerke het elke deelnemer in Saterdag se Outeniqua Rolstoel Uitdaag Wedren, waarin ‘n rekord getal deelnemers met gestremdheid van sewe lande regoor die wêreld deelgeneem het, gekenmerk.
Aangebied deur ACSA (George Lughawe), het die 10 de herdenkings wedren, die organiseerders se doelwit naamlik om meer as 1000 deelnemers aan die
OCC te laat deelneem - die hoogste getal nog ooit – insluitend top atlete van regoor die wêreld en Suid Afrika oortref.
Wenner in die handfiets afdeling van die Man’s Ope Paraplegie 42.2km was Ernst van Dyk (Maties Heldderberg Klub), en is daar weereens ‘n nuwe roete rekord van 1:08:29 opgestel.
Van Dyk afkomstig van Paarl, neem al vir 10 jaar deel en het ‘n gemiddelde spoed van 38 kilometres per uur gehandhaaf. Hierdie is die tiende jaar dat hy aan die OCC deelneem.
In ‘n opmerking na die wedren, het Van Dyk die organiseerders wereens geloof en gepraat van die stywe kompetisie van vanjaar se deelnemers. “ Al die harde werk en oefening maak alles die moetie werd om vandag weer op die podium te staan. Ander deelnemers was konstant reg agter my. Dit was nie ‘n maklike wedren om te gewen het nie – ek kon nie een minuut verslap nie! Ek en die ander deelnemers het mekaar takties ondersteun, maar tog hard gewerk vir die eerste plek. En soos gewoonlik was die wedren uitstekend georganiseer en ongelooflik veilig sonder die gevaar van die verkeer en motoriste. Alle dank aan die Verkeersbeamptes van George Munispaliteit”
Alfred Murojiva van Zimbabwe het die eerste plek in die mans ope T53/54 Resies Rolstoel afdeling in ‘n tyd van 2:23:09 gewen.
In ‘n wentyd van 2:02:27 het Hilary Lewis van Suid Afrika die Ope Paraplegiese Handfiets afdeling gewen.
Algoa FM het die toeskouers en luisteraars ingelig gehou met lewendige kommentaar van die eindstreep terwyl media borg Die Burger Wes Kaapse lesers
deurentyd op hoogte gehou het met wedren besonderhede voor die wedren.
Prysgeld van R244 000 was verdeel tussen 44 kategorië oor drie afstande - ‘n 42.2 km vol maraton (met R10 000 as eerste prys), ‘n 21.1km half maraton vir atlete in handfietse en resiesrolstoele, sowel as ‘n 10km afstand, met rolstoelbasketbal stoele en gewonde rolstoele. Junior Tiaan Boshoff van Hermanus het in sy handfiets die 10km in ‘n tyd van 0:22:32 gewen.
Die OCC is Suid Afrika se enigste internasionale rolstoel padwedloop wat ‘n geleentheid bied aan gestremde sportmanne / vroue, en word as ‘n offisiële Kampioenskap by Suid Afrikaanse Sport Assosiasie vir Persone met Fisiese Gestremdheid (SASAPD) erken
Die 5km prêt ren, waar persone van alle ouderdomme, oud en jonk in hulle rolstoele gestoot is deur ‘n helper, het inskrywings van alle uithoeke in Suid Afrika gelok. Die jongste deelnemertjie was Miduyo Tyanase (8 maande) van Plettenberg baai en die oudste was Stefanus Hoffman (83 jaar) van George.
Glanspersoonlikheid akteur en komediant Alfred Ntombela het die toeskouers vermaak met streke terwyl hy Veronique Pietersen in die prêt ren gestoot het terwyl Katlego Maboe in die prêt gedeel het deur ook vir Shenonique Draai, beide kinders van Optima Spesiale Dagsorg Sentrum van George te gestoot het.
Meer as 900 persone, betrokke as organiseerders, vrywilligers, beamptes en rolstoel storers, het meegehelp om die die 10 de herdenkings wedren glad te laat verloop.
Wedren direkteur Esther Watson was oorstelp met die dag. “Met elke deelnemer wat oor die eindstreep gekom het, het ek ‘n sug van verligting gegee aangesien ons weereens ons rekord van geen ernstige ongevalle gestand kon doen. Dit is ‘n eer en voorreg om te kan voel ons het ‘n verskil gemaak in die lewens van deelnemers deur aan elkeen ‘n geleentheid te bied om kompeterend sowel as sosiaal te kon deelneem. Ek is egter in verwondering oor elkeen van hierdie spesiale deelnemers se prestasies. Alle dank aan almal wat gehelp het om te verseker dat die wedren weereens ‘n reuse sukses was.
Vir wedren resultate, meer foto’s en enige ander inligting, besoek die webwerf www.georgeocc.co.za of skakel wedren direkteur Esther Watson op 082 421 9359.
Alle foto’s verskaf deur Desmond Scholtz